Statusfin Versekering Makelaars Statusfin Makelaars, 'n divisie van Statusfin Finansiële Dienste, is in 2001 gestig. Statusfin Finansiële Dienste is 'n filiaal van MGK Bedryfsmaatskappy (Edms.) Bpk., wat sedert 1930 bestaan. (sien Besigheidstruktuur)
Om hierdie unieke mark te diens, verg 'n hoogs unieke span mense. Ons beskik tans oor 'n professionele span adviseurs en klerke wat almal geakkrediteer is onder die FAIS Wet en gespesialiseerd is in elke aspek van versekering. Elke adviseur, elke bestuurder, elke klerk word deurlopend geslyp en opgelei tot slaggereedheid om aan al die nuwe vereistes van die veranderende markomgewing te voldoen. Die maatskappy het aansienlik uitgebrei oor die laaste paar jaar en het adviseurs in die volgende areas: Brits, Groblersdal, Marble Hall, Pretoria, Rustenburg, Thabazimbi, Vrede, Morgenzon en Krugersdorp. (sien "Kontak " vir meer inligting) |