Statusfin Makelaars bied die volgende produkte en dienste:
- Korttermynversekering
- Oesversekering
- Risikobestuur
- Bemiddelaar dienste
- Risikobeheer
Statusfin diens 'n diverse mark wat onder andere insluit: Landbou sektor, privaat sektor, besighede , marine en lugvaart.
1. Oesversekering
Statusfin is 'n leier in die ontwikkeling van nuwe oesversekeringsprodukte , met die fokus op spesifieke behoeftes van sy kliënte. Statusfin bemark tans oesversekering vir die meeste gewasse en bied onder andere versekering teen hael, brand en transito.
Statusfin bemark ook verskeie opsies in multi-risiko versekering soos:
- Multi-risiko vir besproeiing en droëlande.
- Haelversekering met uitbreidings om by die kliënt se behoeftes aan te pas.
- Statusfin onderskryf die drie grootste oesversekeraars.
- Statusfin het 'n unieke wyse van finansiering m.b.t. oesversekeringspremies.
- Statusfin is groot genoeg om die beste premies vir hulle kliënte te beding maar klein genoeg om steeds hulle kliënte persoonlik te ken en die beste diens te verskaf.
2. Korttermynversekering
Statusfin wil u graag help om 'n besluit te neem ten einde u bates teen verlies te verseker, teen die beste moontlike premies.
- Statusfin is geaffilieer met die land se vernaamste versekeringsmaatskappye.
- Statusfin het sy eie derdeparty polisstelsel en hanteer self al die polisadministrasie en eise.
- Behalwe die normale versekering bied Statusfin ook spesiale versekeringsprodukte vir bates soos:
- 4 X 4 Voertuie
- Jagplase
- Apteke
- Gastehuise
Met behulp van ons span kundige adviseurs kan u 'n versekeringspakket kies vir u besondere behoeftes om die eina uit u premie en eise te neem.
Statusfin is net 'n oproep ver en altyd tot u diens.
POLISSE
- Persoonlike polisse
- Boerdery polisse
- Besigheidspolisse
- Gastehuis en Lodge polisse
- Wildsplaas polisse
- Kontrakteurs alle polisse
- Padbystanddiens
- Geboue - omvattend(woonstelblokke/beheerliggame)
|